Erediens reëlings tydens Covid 19

Die GBK wil graag aan die gemeente terugvoer gee rakende die erediens-vraelys wat ons aan die gemeente gesirkuleer het. 105 uit 155 persone het direk terugvoer gegee. Ons wil ook riglyne deurgee van die pad vorentoe.

1. Baie dankie vir die invul en terugvoer van die vraelyste

2. Die terugvoer lyk as volg:

3. Ons moet ook gereed wees om aan die volgende statutêre voorskrifte te voldoen, wanneer ons weer met eredienste sou begin.

  • Besoekers moet te alle tye gesigmaskers of ander beskermende toerusting vir die gesig dra wanneer hulle op die kerkperseel aanwesig is.
  • Geen handdruk of ander fisiese kontak word toegelaat nie.
  • Besoekers se temperatuur sal geneem word met ‘n skandeerder en vir enige ander simptome wat verbandhou met COVID-19. Diegene wat simptome toon sal versoek word om nie by te woon nie.
  • ‘n Register moet ingevul en bygehou word van elke aanwesige persoon vir naspeurbaarheidsdoeleindes.
  • Beoefen in alle omstandighede sosiale afstand van ten minste 1,5 meter van enige ander persoon, insluitend familielede. Dit sluit in, aankoms by die Kerk, ingang tot die Kerk en sitplek binne en buite die Kerk.
  • Alle besoekers se hande sal gereinig word met hul aankoms en vertrek met 70% alkohol handreinigingsmiddel.
  • Die kombuis sal nie operasioneel wees tot en met verdere kennisgewing soos per die staatskoerant of wetgewing anders toelaat.
  • Alle vertrekke en geriewe, werksoppervlakke en toerusting sal ontsmet word voordat die diens begin en sal weer na die diens ontsmet word.
  • Van die banke sal afgesper word.
  • ‘n Diaken aan diens sal toesien dat die regulasies deurlopend nagekom word.
  • Geen gesamentlike sang sal plaasvind nie.
  • Vir beheerdoeleindes sal slegs een in- en uitgang benut word.
  • Kollekte sal in ‘n koevert by die deur gelaat word.
  • Ouer gemeentelede en die met gesondheidstoestande word afgeraai om by te woon.

4. In die lig van punte 2 en 3, voel ons dat dit nodig is om die status quo gedurende die wintermaande (Jun en Jul) te handhaaf . Ons sal dus voortgaan met die YouTube aanlyn-dienste en tot latere kennis, toe wees vir openbare erediensgeleenthede. Verder sal ons ook die infeksiekurwe baie noukeurig dophou.

5. Ons onderneem om daarna die gemeente maandeliks op hoogte te hou vanaf 1e Aug. 2020.

6. Ons neem kennis daarvan dat daar wel ‘n behoefte bestaan om op een of ander wyse “saam te kom”. Die voorstel op die tafel is om Sondagaande ‘n virtuele praatkafee te hê wat by voorbeeld, ‘n tipe Zoom byeenkoms gaan wees. So kan ons lekker bymekaar saamkuier, sonder om ons huise te verlaat.

7. Ons neem ook kennis daarvan dat die meeste gemeentes in die ring vir eers ook verkies om nie dadelik met eredienste te begin nie. Ons bly in voeling met die gemeentes.


© NG Kerk Groenkloof 2020