Meer oor ons

Die NG Gemeente Groenkloof is tradsioneel in ons aanbidding op Sondae, maar geniet ook soms ‘n lofprysingsdiens waar ons baie hartlik met die orkes saamsing. Die Woord staan sentraal en suiwer Woordbediening is baie belangrik. Ons reik ook uit na gemeentes buite ons grense. Ons is deurlopend betrokke by Jan Niemandpark in Eastlynn en Nellmapius (VGK). Dan is ons op barmhartigheidsbedieningsvlak op ad hoc basis betrokke waar daar nood bestaan. Ons gee nie net geld nie, maar ook tyd hande en voete.

Ons poog om ‘n ruimte te skep waar lidmate (en ander) geestelik kan tuiskom en geestelik groei. Om betekenisvol te wees en te lewe (kwalitatief) is vir ons belangriker as om suksesvol (kwantitatief) te wees. Daarom wil ons fokus op verhoudings. Ons wil ons verhaal met God so beleef en uitleef, dat ander graag deel daarvan sal wil wees.

Klik gerus op die volgende skakels vir meer oor ons:

Gemeente

Leiers en personeel

Bedieninge

Gesamentlike werksaamhede

Erediens tye


© NG Kerk Groenkloof 2022