SnapScan

SnapScan:

SnapScan is ‘n toepassing wat op jou foon gelaai word wat direk aan jou bank kaart gekoppel is om betalings aan die kerk te vergemaklik.

Stap 1: Laai SnapScan toepassing op jou foon (Play Store/App store)

Stap 2: Maak Snapscan oop en koppel jou bankkaart (volg stappe) – jy sal vereis wees om ‘n pin te gebruik (die verteenwoordiger van Snapscan het genoem dat mens wel jou bankkaart se pin moet gebruik).

[Stap 1 en 2 is eenmalige stappe]

Stap 3: Druk “SCAN” in die toepassing. Hou foon voor kode (toepassing sal dit self optel)

Stap 4: Op die volgende skerm wat oopmaak, is daar twee inlees velde:

(a) Tik bedrag in wat betaal wil word (onthou sente is ook van toepassing)

(b) Tik verwysing in: U NAAM & of dit ‘n dankoffer, kollekte of spesiale bydrae is

Stap 5: Kies “PAY”

Stap 6: Tik pin in

En siedaar!!!